kompas.jpg

Lief en Leed

Die volgende lidmate het u voorbidding en besoek dringend nodig aangesien dit nie goed gaan met hulle gesondheid nie:

Preke

Al die preke word in CD formaat opgeneem, en is ook op kasset beskikbaar.
Enigiemand wat in 'n besondere preek belangstel, kan br. Kobus Bester (082 423 4836) of sr. Alvera le Roux by (011 693 2728) kontak.

Alle preke sedert 4 Januarie 2009 is, op 'n uitleen basis, op CD beskikbaar.
U hoef dus nie 'n CD te koop nie, maar kan soos by 'n biblioteek, een uitneem by sr. Alvera en dit dan weer terugbesorg.

Katkisasie

Soppakkie Projek

Daar is lidmate in ons gemeente wat op 'n daaglikse basis vir arm kinders kos gee.
Om hulle by te staan en te help, versoek ons die gemeente om pakkies sop te skenk.
By die twee portale van die kerk is houers neergesit waarin u die pakkies kan neersit.
Die diakonie sal dit dan aan die suster besorg.

Blikkieprojek

Ons versoek die hele gemeente om ons weer, soos verlede jaar, te help en die sente te laat inrol.
Suster Marthsie Jansen van Vuuren en br. Lukas word hartlik bedank vir julle tyd en opoffering om hierdie projek vir ons te dryf en die geld te tel en te bank.

Kombi

Lidmate wat vervoer probleme het en gebruik wil maak van die kombi, moet br. Lukas nie later as Vrydae skakel nie, aangesien daar beperkte plek beskikbaar is.
U kan hom kontak by 011 693 4433 of 083 698 2751

Laat weet asb vir br. Sarel Steyn van enige inligting wat in die Kompas geplaas moet word.