Geskiedenis

Hoe het ons ontstaan?

Die geskiedenis van die Geref. Kerk Wesrand is kortliks soos volg.

In 1950 het die Geref. Kerk Randfontein van die Geref Kerk Krugersdorp afgestig.
Vanuit die Randfontein gemeente het die volgende gemeentes ontstaan:

en laastens het die Geref. Kerk Randfontein-Noord afgestig van die Randfontein gemeente in 1983.

In 2005 het die Geref. Kerke Randfontein en Randfontein-Noord weer een gemeente geword wat bekend staan as die Geref. Kerk Wesrand.

Die Gereformeerde Kerk Wesrand het met hulle eenwording vir hulle ‘n nuwe kerk wapen ontwerp met die leuse: “In Christus vir Christus”.
Hierdie is die rede vir die bestaan van die gemeente. Ons is deur Christus in Randfontein en omgewing bymekaar gebring en uitverkies om Hom op ‘n Gereformeerde manier te dien (Ef 1:4).

Die kerkgebou te Jakaranda

jakaranda.jpg

In 1951 het die eerw. kerkraad o.l.v. Ds. Janse Van Rensburg besluit om 'n eie unieke kerkgebou op die kerkterein te Jakaranda Straat te bou.

Met die hoeksteenlegging in Maart 1954 word die nuwe kerkgebou en orrel op Saterdag 13 November 1954 ingewy.

Die kerkgebou te Robina

robina.jpg

Na die afstigting van Randfontein-Noord uit Randfontein gemeente in 1983 het die Noord gemeente 'n paar jaar in die Randfontein Engelse Hoërskool saal kerk gegaan en na vele skenkings en bydrae bou die gemeente met hulle eie hande die kerkgebou te Robina Straat.
Tans word dit uitverhuur aan die Woord en Lig gemeente.

Die orrel

orrel.jpg

Die orrel is 'n "straight" Walcker kerkorrel met Elektro Pneumatiese aksie en bevat 7 sprekende stemme verspry tussen 591 pype oor 2 manuale en die pedaalbord strek.

Agter die konsole het ons ook menigte orreliste: